Free songs
NGBHS
kantoor@ngbhs.co.za

(013) 932 2220

DIENSGROEPLEIER: Bertie Driescher – 072 340 8698

Om te getuig oor ons geloof in Jesus Christus en om die evangelie aan ons omgewing en gemeenskap te bring is elke Christen se roeping.

Ons ondersteun vir André en Hannien le Roux met hulle evangelisasiewerk in België en vir Billy Zulu vir die bou van ‘n gemeente in Kwamhlanga.

Die werk in Kwamhlanga en ook ander projekte vir die uitbreiding van die Here se koninkryk word befonds deur ons GELOOFSBELOFTEOFFERS. Lidmate kry elke jaar die geleentheid om so ‘n belofte in die geloof te maak.

Ons bestel gereeld pamflette met die evangelie-boodskap in verskillende tale. Dit is ons almal se roeping om dit uitt te deel waar ons beweeg.

Daar is ook geleentheid om die evangelie aan ons gemeenskap oor te dra d.m.v. die swartborde op die hoeke aan die voorkant van die kerkperseel.

Elkeen van ons het geleenthede! Kom ons benut dit!